Send linket til app

Alfabet Pret


4.6 ( 8256 ratings )
Uddannelse Bøger
Forfatter: Helpende Hand
Gratis

Alfabetpret maak gebruik van opwindende tegnologie (versterkte realiteit) wat sal sorg dat die diertjies in die ABC-leesboekie ’n Dag by die dieretuin behoorlik van die bladsye af spring.

Wat is versterkterealiteitstegnologie en hoe werk dit?

Laai hierdie app GRATIS af.


Wat is versterkte realiteitstegnologie?

Versterkte realiteit (VR) is wanneer die elemente van ’n regstreekse, direkte of indirekte, beeld van ’n fisiese omgewing in die regte wêreld deur rekenaar-gegenereerde sensoriese insette soos klank, video, grafika of GPS-data versterk (of aangevul) word. Daarenteen vervang virtuele realiteit die regte wêreld met ʼn gesimuleerde wêreld. Kunsmatige inligting oor die omgewing en die voorwerpe daarin kan dan bo-oor die regte wêreld vertoon word.

Hoe werk versterkte realiteitstegnologie?

Deur ʼn toepassing vir ʼn selfoon, tablet of iPad te gebruik, identifiseer en vertolk ʼn selfoon se kamera ʼn merker, dikwels ʼn swart-en-wit staafkodebeeld. Die apparatuur ontleed die merker en skep ʼn virtuele beeld op die selfoon se skerm, wat die posisie van die kamera in ag neem. Dit beteken die app werk met die kamera om die hoeke en afstand te vertolk wat die selfoon van die merker af weg is.

VR Inligting nodig by instruksies:

· Hou die kamera ver genoeg van die bladsy sodat die volle bladsy op die skerm vertoon.

· Hou die kamera direk en reguit bo die bladsy.

· Maak seker dat daar nie skaduwees op die bladsy val nie.

· Jy moet op jou foon of tablet se skerm druk, sodat die stem begin voorlees.

· Druk op die sin om weer na die voorlesing van die sin te luister.

· Druk op die diertjie om weer na die klank te luister.



Besoek http://leesapp.co.za vir meer inligting